HULP

Indien jy vashaak of wonder oor hoe KOER werk, help ons graag.
As jou vraag nie hier gelys is nie kontak ons gerus by info@koer.co.za

Algemene Vrae

Om by KOER aan te sluit moet ons jou e-posadres verifieer met ‘n One Time Password (OTP).
1. Soms land die KOER e-pos met die OTP in jou “Junk/Trash/Bin/Spam Folder”. Gaan loer eerste daar.
2. Maak dubbel-seker dat die e-posadres wat jy verskaf het 100% reg is (spelling & nommers nagegaan).

Gaan kyk onder jou foon se toepwinkel of verstellings of jy na die mees onlangse weergawe van KOER opgegradeer is. Indien nie, doen die opgradering. Indien jy steeds nie regkom nie, kontak ons gerus by info@koer.co.za.

Jy ontvang briefies wanneer iemand jou KOER of indien jy ‘n KOER gestuur het en die persoon TERUG GEKOER het. Ons kan ongelukkig niemand dwing om iemand anders te KOER nie, maar ons kan jou help om jou kanse op KOERE te verbeter.
1. Maak seker dat ander jou gesig op jou hoof-foto kan sien.
2. Voeg dalk nog foto’s by sodat mense jou persoonlikheid kan sien straal.
3. Probeer om jou persoonlike beskrywing (biografie) interessant te maak.
4. Kyk verder af op die blad onder: Hoe verander ek my profiel op KOER? vir stappe.

Kletse in die KLETSKAMER met ander kan eers oopsluit sodra die persoon aan wie die KOER gestuur is, TERUG GEKOER het. Dit is vir veiligheid en so vermy ons ongemak vir almal.

Dalk is die instellings wat jy gekies het te spesifiek. Kyk verder af op die blad onder PROFIEL hoe om jou Afstand & Voorkeure te verander. Sprei jou vlerke! Daar is daagliks meer mense op KOER en so groei ons die KOERWOUD almal saam.

Ongelukkig nie, KOER en KOES is finaal en anoniem. Die goeie nuus is, ons algoritme sal oor ‘n paar weke stelselmatig weer van jou geKOESde profiele vir jou herwin. Almal verdien tog ‘n tweede kans!

Die inteken proses is dieselfde vir nuwe en bestaande profiele. As jy inteken met 'n WhatsApp nommer of e-posadres wat reeds gekoppel is aan 'n profiel sal jy toegang kry tot die bestaande profiel. As die app jou vra om 'n nuwe profiel te skep beteken dit daar is nie 'n profiel gekoppel aan die nommer nie. Dit kan wees dat jou bestaande profiel aan 'n ander e-posadres of nommer gekoppel is.

Om lede te beveilig en om vals profiele te verhoed het ons eksklusief oorgeskakel na WhatsApp vir inteken. Wanneer jy inteken met WhatsApp sal jy 'n geleentheid kry om jou bestaande Koer e-pos in te tik. Dit sal jou WhatsApp nommer koppel aan jou profiel. Jy sal dan voortaan slegs met WhatsApp kan inteken.

As jou subskripsie nie in jou Play Store wys nie beteken dit dat die subskripsie met 'n ander e-posadres uitgeneem is as die een waarmee jy tans in die Play Store ingeteken is. Jy moet in die Play Store inteken met dieselfde e-pos wat jy gebruik het toe jy die subskripsie gekoop het.

WhatsApp kodes is geldig vir 1 uur. As jy in die laaste uur ingeteken het sal jy nie 'n nuwe kode ontvang nie. Die app sal jou vra om jou bestaande een te gebruik.

Indien jy glad 'n kode ontvang het nie, stuur 'n WhatsAPP na 068 615 2369 om jou rekening te bevestig. Sluit asb jou naam en Koer e-posadres in jou boodskap.

Druk op hierdie skakel om die gesprek te begin:

https://wa.me//+27686152369

Jou Profiel

So begin jou storie in die Koerwoud.
01

Naam

Kies die naam wat op jou profiel sal verskyn — dit is die eerste ding ander lede van jou sal sien.
02

Gebore

Voer jou geboortedatum in — slegs jou ouderdom sal op jou profiel verskyn, nooit jou volle datum nie.
03

Geslag

Kies of jy 'n vrou of man is — dit help ons om die regte profiele vir jou te wys.
04

Wat jy soek

Kies een of meer opsies — liefde, geselskap, vriendskap, of oop vir moontlikhede — jy besluit.
05

Deur die jare

Stel die ouderdomsreeks in waarbinne jy wil verken — van 18 tot 80+, alles is in jou hande.
06

Wie jy wil sien

Kies of jy vrouens, mans, of beide in jou Koerwoud wil sien.
07

Passies

Kies tot agt belangstellings wat jou die beste beskryf — van boeke en kos tot sport en reis.
08

Kiekie 'n bietjie

Sit jou beste glimlag voor. ‘n Duidelike gesig en ‘n bietjie persoonlikheid gaan jou ver bring op die pad na liefde.
09

Vertel ons meer

Vertel in jou eie woorde wie jy is. Jou bio verskyn op jou profiel en wys vir ander harte wie jy is en wat jou laat tiek.
10

Kies jou kenmerke

Kies tot en met vier karaktertrekke wat jou persoonlikheid vasvang – van braaibaas tot filosoof, dromer tot grapjas.
KOER

Jy is in!

Welkom in die Koerwoud.

Vrae oor jou Profiel

Links (die rat) vat jou na jou instellings (hier kan jy jou verstellings gaan doen)
Middel (kamera) vat jou na jou foto’s waar jy kan op en aflaai na hartelus.
Regs (pennetjie) is ‘n kortpad na jou biografie & waar jy jou profiel verander.

Om foto’s te kan laai moet jy eerstens vir KOER toegang tot jou selfoon se foto’s gee.

Volg hierdie stappe vir Android:
1. Gaan na die “settings” app.
2. Kies: “Apps & Notifications”
3. Klik op die KOER app onder die keuses
4. Druk “permissions”
5. Kies watter “permissions” (toelatings) jy vir KOER gee. (foto’s)

Volg hierdie stappe vir iPhone:
1. Gaan na “Settings”
2. Beweeg af tot jy by die KOER app kom
3. Klik op KOER
4. Onder “allow KOER to access” kies watter toelatings jy gee. (foto’s)

Om te bepaal hoe ver van jou af mense (in afstand) na wie jy soek kan/moet wees om jou soektog te verfyn moet jy vir KOER toegang gee tot jou ligging.

Volg hierdie stappe vir Android:
1. Gaan na die “settings” app.
2. Kies: “Apps & Notifications”
3. Klik op die KOER app onder die keuses
4. Druk “permissions”
5. Kies watter “permissions” (toelatings) jy vir KOER gee. (ligging)

Volg hierdie stappe vir iPhone:
1. Gaan na “Settings”
2. Beweeg af tot jy by die KOER app kom
3. Klik op KOER
4. Onder “allow KOER to access” kies watter toelatings jy gee. (ligging)

Jy kan jou Koerwoud verbreed deur na die instellings opsie te gaan en jou afstand te stel. (maw hoe ver en wyd die radius is waarin jy mense wil sien). Indien jy jou afstand verstel na 1000km + maak jy jou Koerwoud wêreldwyd oop.

As jy die WYS MY OP KOER opsie afskakel is jou profiel tydelik versteek van die Koerwoud. Sodra jy hom weer aansit verskyn jou profiel weer in die Koerwoud.

Daar is ‘n DEEL KOER opsie onder jou profiel. Druk hierop en volg jou foon se stappe. Jy kan KOER op verskeie maniere deel. So sal ‘n vooropgestelde boodskap na jou vriende gaan en hulle nooi om by KOER aan te sluit.

Hier kan jy besluit of jy die WENKE wil sien om jou KOER-ondervinding te vergemaklik. Jy kan die wenke aan- of afsit. Jy kan ook op WYS WENKE NOU klik om weer deur die wenke te gaan as jy bang is dat jy iets gemis het.

As jy die instellings bladsy oopmaak is die heel laaste opsie VERWYDER PROFIEL. Let asseblief dat indien jy ‘n KOERLISENSIE het, jou subskripsie nie sal stop as jy jou profiel verwyder nie. Jy kan enige tyd ‘n nuwe profiel maak en jou KOERLISENSIE voordele geniet. Indien jy jou KOERLISENSIE wil kanselleer sien die Hoe kanselleer ek my KOERLISENSIE instruksies.

Druk op die profiel opsie (pennetjie) en gaan na die heel laaste opsie VERANDER PROFIEL. Dit sal jou weer deur die opsies neem en kan jy verander soos jou hart begeer.

Druk op die profiel opsie (pennetjie) en gaan na die blokkie waar jou beskrywing is. Hierdie is ‘n kortpad om jou beskrywing vinng en maklik aan te pas.

KOER Lisensie

‘n KOERLISENSIE is jou subskripsie en/of lidmaatskap. Daar is verskeie sakpas pakkette om van te kies en elkeen het sy eie voordele.

LET WEL: Wanneer jy ‘n KOER-profiel stig is jy outomaties op die gratis weergawe. Elke profiel kry daagliks ‘n beperkte hoeveelheid gratis aksies. Wanneer jou aksies vir die dag op is, kan jy slegs wag tot die volgende dag vir nuwe gratis aksies.

BASIESE PAKKET:

– Dubbel die hoeveelheid aksies per dag

– Die Terug-knoppie (jy kan die laaste drie profiele weer sien)

– Skommel jou Koerwoud (sien weer al die profiele in jou Koerwoud)

– 1 x Hupstoot (meer lede kan jou sien)

– 2 x Goue Koevertjies (briefies wat nie verval nie)

– Beheer advertensies

– Sien ander Koerlisensie-houers

– Sien wie was onlangs aktief

– Kletskamer: sien wie is aktief, wie tik & afgelewerde briefies

PREMIUM PAKKET:

– Onbeperkte toegang

– Boekmerk funksie (besluit later oor jou gunstelinge)

– Die Terug-knoppie ((onbeperk)

– Skommel jou Koerwoud (sien weer al die profiele in jou Koerwoud)

– 2 x Hupstoot (meer lede kan jou sien)

– 4 x Goue Koevertjies (briefies wat nie verval nie)

– Geen advertensies

– Sien ander Koerlisensie-houers (basies en premium)

– Sien wie was onlangs aktief

– Kletskamer: sien wie is aktief, wie tik & afgelewerde briefies

Vrae oor jou
lidmaatskap en betalings.

Die KOERWOUD wys vir jou lede wat voldoen aan jou vereistes (afstand, ouderdom ens). Jy het nie ‘n subskripsie nodig om lede te sien nie. Die Gratis-weergawe van KOER se beperkte aksies sal jou slegs toelaat om plus minus 20 – 30 lede op ‘n dag te Koer/Koes. (Afhangend hoeveel aksies jy op ander goed gebruik). As ons nie daagliks lede het wat aan jou vereistes voldoen nie sal ‘n lisensie nie verskil maak nie.

Wanneer jy jou gratis aksies vir die dag opgebruik het sal jy die opsie sien om ‘n KOERLISENSIE uit te neem. Jy kan ook druk op die ‘Kry jou Koerlisensie’ skakel op jou profiel blad.

Daar is verskillende pakkette wat wissel in periodes en prys. ‘n Koerlisensie is ‘n subskripsie en sal hernu totdat jy dit kanselleer. Betalings word hanteer deur Google of Huawei (Android) en Apple (iPhone) deur middel van ‘In-app purchases’. KOER het geen toegang tot jou betaal metodes, kaart, of bankbesonderhede nie. Daar is geen vaste termyne nie en jy kan enige tyd jou subskripsie stop.

Alle betalings word hanteer deur Apple, Hauwei of Google afhangende van jou tipe toestel. Hulle maak gebruik van verskeie betaal metodes insluitend Vodacom, Telkom en koopbewyse. KOER kan ongelukkig nie direkte oordragte (EFTs) aanvaar nie.

Jy sal onder op jou profiel blad ‘n boodskap sien wat lees ‘KOERLISENSIE Aktief’. Jy kan ook na jou toepwinkel (App Store of Google Play) gaan om te sien watter subskripsies aktief is en wanneer hulle hernu. Volg die skakels hieronder vir meer inligting.
Apple (iPhone)
Google (Android)

Jy kan enige tyd jou KOERLISENSIE kanselleer en steeds die voordele gebruik vir die tydperk waarvoor jy betaal het. Let asseblief dat indien jy die KOER toep van jou toestel verwyder, of selfs jou profiel verwyder, jou subskripsie nogsteeds aktief sal bly. Om jou subskripsie te kanselleer gaan na jou profiel blad, druk op die instellings (die rat-ikoon) en kies dan die ‘MY KOERLISENSIE’ opsie. Dit sal jou neem na jou toepwinkel waar jy jou subskripsie kan sien, verander, asook kanselleer. Indien jy nie die KOER toep meer het nie volg die skakels vir instruksies.
Apple (iPhone)
Google (Android)

Indien jy perongeluk opgeteken het of ontevrede is met die diens kan jy aansoek doen vir ‘n terugbetaling. Volg die instruksies vir meer inligting.
Apple (iPhone)
Google (Android)

Die KOERWOUD

Waar jy deur al die profiele blaai.

Gratis lede kry 20 aksies per dag. (Koerlisensiehouers het onbeperkte aksies). ‘n KOER, KOES of BRIEFIE OOPMAAK tel as ‘n aksie. Klets is NIE ‘n AKSIE NIE. As jy en ‘n pasmaat geKOER het kan julle onbeperk klets in die Kletskamer.

‘n KOER is ‘n JA. Wanneer jy n die KOERWOUD op iemand se profiel afkom en jy stel belang om met daardie persoon te gesels. Druk KOER.

‘n KOES is ‘n HOU VERBY. Wanneer jy in die KOERWOUD op iemand se profiel afkom en nie belangstel nie, druk KOES. As jy ‘n briefie in jou posbus ontvang en nie in die persoon belangstel nie, druk KOES. ALLE KOES AKSIES IS ANONIEM.

As jy iemand in die KOERWOUD raakblaai en KOER druk. Pop daar ‘n skerm op wat vir jou die kans bied om daardie persoon se belangstelling te prikkel met ‘n sin of twee. As jy dan STUUR druk gaan lê daardie briefie in die persoon se posbus. Wanneer die persoon die briefie oopmaak en lees kan hy KOER of KOES.

Wanneer jy op iemand se profiel afkom in die Koerwoud kan jy eenvoudig af-blaai na onder om meer van die persoon te lees. Indien ‘n profiel meer as een foto het kan jy eenvoudig links en regs veeg op sy/haar hoof-foto.

Posbus

Waar jou briefies gaan lê wanneer iemand jou geKOER het.

Om verleentheid te spaar verval briefies binne 48 uur. Pienk briefies is nuut en Blou briefies gaan amper verval.

Wanneer jy op ‘n briefie klik, maak hy oop en sien jy die boodskap wat die persoon (wie jou geKOER het) vir jou gestuur het. Jy kan ook op die persoon se foto druk om die persoon se hele profiel te sien. Indien die persoon jou gekoer het en geen boodskap gelos het nie sal daar net ‘n handjie wat wuif wees.

As jy ‘n briefie oopgemaak en gelees het en belangstel in die persoon kan jy KOER druk. Jul gesprek sal dan na die KLETSKAMER oorskuif en julle kan na hartelus verder gesels.

Kletskamer

Waar jou gesprekke gebeur.

As iemand vir jou ‘n KOER stuur en nie ‘n boodskap saamgestuur het nie, verskyn daar ‘n handjie wat vir jou wuif.

Vir jou eie veiligheid het KOER die foto-stuur opsie gelos.

Raak kreatief en sê wat jy meen sonder woorde. Deur die GIFs te gebruik kan jy vir iemand lekker bewegende fotos en scenarios stuur.

Boekmerk

Hierdie is een van die voordele vir lede met die Premium pakket. Om ‘n profiel te boekmerk beteken dat jy nie dadelik hoef te KOER of KOES nie. Jy kan later besluit. Jy druk op die BOEKMERK-ikoon op daardie profiel en die gekose profiel gaan lê in jou BOEKMERK-afdeling. Jy kan later weer na die profiel kyk en dan besluit of jy wil KOER of KOES.

Jy kan tot en met 10 profiele boekmerk op ‘n slag.

Copyright © 2026 KOER
Website developed and managed by Cetaya Digital