KOERKYS

ALICIA & ALLA

ALICIA

Ek het in Februarie 2022 op KOER geregistreer. Ek het die app geniet omdat daar mense van ver en wyd was om mee te gesels. Dit was so maklik om te KOES as iets nie na jou smaak is nie, wat my gerus gestel het. In Maart het ek Alla se profiel gesien. Sy oë het my gevang! Van dag een af het ons vir lank lekker gesels. Met ons eerste afspraak en hy het my al gevra om met hom te kys! Ek glo die Here het ons vir mekaar gestuur en op my 50ste verjaarsdag is ons verloof. Ons lewe voel soos ‘n sprokie en Koer is deel daarvan!

ALLA

Toe ek by KOER aansluit was ek al vir 2 jaar geskei na ‘n 25 jaar huwelik.  Waar sou ek weer liefde vind? Om alleen te wees is nie grappies nie en alhoewel vriende raad gee is dit maar moeilik. ‘n Kollega vertel my toe van die KOER-app. Alhoewel Alicia 400km van my af was, was ek dadelik geïnteresseerd in haar profiel. Met ons ontmoeting was ek senuweeagtig maar sy was perfek, asof ek haar bestel het! Toe sy my die “ja” woord gee het ek geweet my hart is heel. KOER dankie! Julle het vir my ‘n trouvrou en sielsgenoot gegee.

KOERKYS

ASHLEE & CHRISTOPHER

 

Ek het op skool al begin bid vir die man wat my hart begeer en dat die Here hom op die regte tyd sal stuur. Ek het gevra dat die regte man vir my Sonneblomme sal bring en so sal weet dat die Here se hand in die verhouding is. Jare later vertel my beste vriendin vir my van KOER. Ek was eers gekant teen die hele ding maar het toe die KOER-app afgelaai meer vir die grap as iets anders. ‘n Dag of wat later kry en ‘n boodskap van Christopher. Ek het nie eens geantwoord nie, ek wou die app nog leer ken. Ek het later tussen klomp boodskappe op Christopher afgekom. Ons het begin klets en gesels het later in video-oproepe ontaard wat amper daagliks begin raak het. Ek was skepties want hy boer in Amerika en langafstand was nie my ideaal nie.  Binne die eerste week se ernstige gesels kom daar eendag blomme by my werk aan… ek vra toe: “Here, is dit Sonneblomme?” Dit was! ‘n Enorme bos Sonneblomme al die pad van Amerika af gereël. Ek het teen daardie tyd nog glad nie vir hom eens gesê dat dit my gunsteling was of van my gebede nie. Ons liefde het net so geblom. Binne maand een het hy al vir my gesê dat hy eendag met my gaan trou, nege maande later het ons mekaar in lewende lywe op die lughawe gesien. Alles was net so gemaklik en wonderlik. Hy het vir my in Nelspruit kom kuier, ‘n ware jintelman en boerseun en ek het besef…hierdie man is soos geen ander wat ek al ooit geken het nie. Hy is die een! In daardie vakansie was ons Mosambiek toe en het hy my familie ontmoet. In Februarie 2023 moes ek hom weer by die lughawe aflaai. Ons harte was swaar. Amerika is ver.  In Desember 2023 het hy weer teruggekom en ons het verloof geraak! Ons het baie toekomsplanne en saam ‘n woonstel gekoop. Ek gaan vanjaar in Amerika kuier en ons trou begin volgende jaar! Dinge het so vinnig gebeur maar as jy weet, dan weet jy. Ek is stomgeslaan dat ‘n “dating app” die begin van my Sonneblom liefde was, maar ek is nie vir een oomblik spyt nie. Ons is so dankbaar vir KOER. Ek het my beste maat en man gevind!

KOERKYS CHANTé & HEINRICH

CHANTE

Ek en Heinrich was in dieselfde laerskool maar is na verskillende hoërskole en universiteite. Ek is na my swottings Amerika toe vir twee jaar en na ‘n jaar en ‘n half het ek gebid en vir die Here gevra om my op die regte pad te lei. Ek het besluit om vroeër terug te keer na Suid-Afrika. Dit was Januarie 2023. In Februarie besluit ek dat ek vir ‘n laaste keer aanlyn liefde sal probeer en kies toe KOER.  In Maart kry ek ‘n Koer-boodskap van Heinrick en ons het onmiddelik ge”spark”! Ons lewens het bymekaar gepas en ons het besef dat ons vir mekaar gemaak is.  Ons het in September verloof geraak en ek is oneindig dankbaar vir Koer en die ongelooflike man in my lewe!

HEINRICH

Ek was vir ‘n hele paar jaar enkellopend omdat ek besluit het om vir ‘n wyle net op myself te fokus. Ek het pas by ‘n nuwe werk begin toe ek die manne daar van KOER hoor praat. Daar en dan het ek besluit om KOER af te laai en die maatsoek-app te probeer. Ek wou iemand ontmoet want ek bid al jare dat die regte persoon my pad sal kruis. Ek dag toe, waarom kan die app nie my kans wees nie? Ek het een oggend by die werk aangekom en “koer-koer” daar is Chanté! Die res is nou ‘n nuwe romanse, ‘n blink ring en die liefde van my lewe. Sy maak my besef watter tipe man ek kan wees. Dankie, dankie, dankie Koer!

KOERKYS

JEANINE & JONATHAN

JEANINE

Ek was nooit voorheen aktief op dating sites nie. Ek is effens “oudtyds” en het gewonder waar ek ‘n ordentilike, ambisieuse Christenman sal ontmoet. Ek het van KOER gehoor en ‘n profiel geskep.  Ek het op Jonathan afgekom en gedink “wow”! Ons het mekaar gekoer en toe hy vir my skryf was ek in ekstase. Ons het mekaar ontmoet en toe verskeie naweke saam spandeer. Hy het my familie en vriende leer ken. My knieë was lam. Hy is die hartsmens wat my ophou, postiewiteit oor my uitspreek en my laat lag. Ons het vir mekaar gebid en mekaar gevind. Tydens ‘n romantiese piekniek op Wildernis se strand het ons verloof geraak. Dit was die gelukkigste oomblik van my lewe, tot ek in September saam met hom voor die kansel gestaan het. Hy is my hele hart. Dankie KOER!

JONATHAN

‘n Vriend het my verlede jaar vertel van ‘n oulike meisie wat hy op die Afrikaanse KOER-app ontmoet het. Ek het gedink …”ek gaan aflaai, hoekom nie?”.  Net ‘n dag of drie later Koer en ek Jeanine mekaar raak.  Ons het eers op die app gesels en toe gaan koffie drink.  Sy is van Pretoria en ek van Johannesburg.  Op die eerste “date” het ons planne gemaak vir ‘n volgende keer.  Dae het naweke geraak en later was ons smoorverlief.  Ek het gou besef hierdie is ‘n langtermyn liefde vir my.  Na vier en ‘n half maande was ons begin uitgaan. ‘n Groot dag was in Maart vanjaar toe ek haar vra om te trou.  Ons is in September getroud.  Nog ‘n vriend van my het vroeër in April getrou met ‘n vrou wie hy ook self op Koer ontmoet het. Ek beveel KOER aan vir almal wie na liefde soek. Dit werk!

KOERKYS

JUAN & MARYKE

JUAN

Dis die storie van hoe ek liefde gevind het op KOER. Ek werk in Amerika en het besluit om KOER af te laai op my foon. Nie lank daarna nie het ek vir Maryke gesien.  Wat ek nie geweet het nie was dat Maryke op KOER was net om vir haar sussie te wys hoe dit werk (en dat sy die hele tyd net gekoes het om die app te leer ken). In die gekoes-koes het haar sussie gesê “stop, wag, jy gaan te vinnig” en daar is my profiel toe voor hulle. Hulle het my beskrywing gesien en gedink dat ek dalk ‘n goeie ou kan wees. KOER! Ek stuur toe vir Maryke ‘n boodskap en hoor eers nie veel terug nie. Toe die gesels eers begin was dit gemaklik, lekker en ons het goed oor die weg gekom!

Einde van daardie jaar kom ek toe terug Suid-Afrika toe vanaf die VSA en vra vir Maryke of sy Kaapstad toe wou vlieg om my daar te ontmoet.  Ons het die vakansie saam spandeer – ons albei se kinders inkluis. Ons albei het besef  dat die koeël deur die kerk is. Kersdag het ek ouers gevra. Ek sit jaarliks op ‘n rots in Langebaan en praat met die Vader oor my lewe en op 27 Desember het ek haar op daardie rots gevra om te trou. Ek is tans op pad terug VSA, ons het besluit om nie te wag nie en is op 31 Maart in die kerk getroud.  Einde van die jaar sal ons ‘n onthaal en partytjie hou. Dankie Koer, julle het dié man se lewe verander!

KOERKYS

LENIE & CAREL

LENIE

Dis seker nou duidelik dat ek nie koes gedruk het toe ek vir Carel sien op KOER nie.  My Koer profielbeskrywing het gevra: “is daar iets soos ware liefde?” en Carel het vir my ‘n briefie gelos waarin hy geantwoord het “ja, daar is ware liefde as jy daarin glo”.  Ek het nie dadelik geantwoord nie maar ‘n ruk daarna het ons wel begin gesels.  Later het ons nommers uitgeruil en selfs video-oproepe begin maak.  Ek wou sien met wie ek praat voor ons gaan koffie drink.  Ons het op die Spur besluit en was so senuweeagtig dat ons beide eers in ons karre bly sit het in die parkeerarea. Toe ek uitklim sien ek net die man met die groot bos blomme, ‘n sak blitong en ‘n pakkie droëwors. Dit was so wonderlik! Sy glimlag en sy blou oë het my hart laat smelt en dis res is geskiedenis!

CAREL

Lenie se oop en eerlike profiel het dadelik vir my uitgestaan.  Haar pad is nie maklik nie, sy is gediagnoseer met borskanker maar sy is braaf en ek het besluit dat ek ook braaf sal wees en ‘n kans sal vat op die mooi sterk vrou se hart. Ons eerste ontmoeting was vol opwinding; ons koffie-afspraak het in ‘n hele dag in Hartebeespoortdam ontaard. Eers het ek gevra of ek langs haar kan sit, toe koffie, toe uiteet, toe het ons gaan groente koop en daar breek die trollie! Aartappels en pienk jogurt die vloer vol. Ons het so lekker gelag.  Ons het mekaar weekliks en later meer begin sien.  Lenie het agv haar chemo-terapie van my huis af begin werk en ek kan met blydskap sê dat sy nou ten volle herstel is.  Ons is agt maande later getroud en het 4 dogters, 2 skoonseuns en 3 kleinkinders saam.

KOERKYS

LESLEY-JANE & DJ

 

Toe ek op 40 jarige ouderdom begin KOER was ek sonder kind of kraai en nog nooit verloof nie. Min het ek geweet dat liefde in die boeke is vir my! Nog minder het ek verwag dat die belangrikste bestanddeel tot ‘n resep op geluk ‘n aanlyn-app sou wees wat my trouman aan my sou voorstel. Ek en DJ het mekaar op KOER ontmoet.  Ons het vir vier maande lank aanlyn geklets en gebel voor ons fisies ontmoet het.  Daar is ‘n hele afloop van gevoelens wanneer mens met iemand gesels en nie fisies bymekaar kan wees nie…sien DJ woon in North Dekota in die VSA.  Ons het vir maande lank vir ure per dag dmv video-oproepe gesels. Ons kon nie wag om mekaar in die “regte lewe” te sien nie. Wat ook met al die eindelose geselsery gebeur is dat mens mekaar ongelooflik goed leer ken. O! Ons was en is so verlief! Kan jy glo al die pad ver oor die see ontmoet ek ‘n Suid-Afrikaanse boer wat my voete onder my uitslaan en dit alles terwyl ek in SA is op my Koer-app.  Ek het pas teruggekeer van ‘n kuier in North Dekota en dit was meer as wat ek ooit kon wens! Ek gaan in die somer terug om tyd saam met DJ en sy dogtertjie te spandeer. Ek het vrede in my hart want ek wéét dat ek my trouman ontmoet het, ons is op dieselfde bladsy oor alles. Ons kan met blye harte die langafstandverhouding aanpak totdat ek einde van die jaar VSA toe trek.  Die duifie wat ek op KOER ontmoet het het al my verwagtinge oortref my hart is super bly! Dankie dankie dankie!

KOERKYS

MANIE & TALANA

 

MANIE

My en Talana se KOER-ervaring was wonderlik! Ek het waarlik nooit gedink dat ek my pasmaat op ‘n “dating-app” sou ontmoet nie, maar hier is ons nou – verlief en verloof!  Dit het begin toe ek en my vriende besluit het om KOER af te laai. Ons het dit heel prettig gevind dat die huis soos ‘n duiwehok gekoer-koer het elke keer as iemand ‘n kennisgewing ontvang.  Ek het vir Talana gekoer en  eers na ‘n week het ek ‘n boodskap terug gekry.  Ek wou moeite maak om haar te ontmoet.  Ek was by ‘n troue en Franskraal en het met Talana gereël om te gaan sushi eet in die Kaap. Ek is duidelik nie goed met geografie nie want toe ek opstaan besef ek dat ek 2 ure vanaf Franskraal af sou moes ry. Dit was absoluut die moeite werd. So gemaklik, asof ons mekaar vir jare al ken. Ek weet van daai dag af al “my trouvrou is hier”!  Dankie KOER dat ons nou ons lewensavontuur saam kan geniet.

TALANA

Ek het KOER al vir ‘n ruk op my foon gehad en wou daardie dag eintlik die app gaan delete toe ek Manie se boodskap sien.  Ons het begin gesels en ek was baie geïnteresseerd om hom beter te leer ken.  Op 14 November 2021 het ons mekaar vir die eerste keer ontmoet.  Toe ek hom sien het ek gedink, “hy gaan nie my nonsens vat nie” maar toe ons begin gesels was alles so natuurlik en wonderlik.  Terwyl ons gekuier het, onthou ek, het ek gedink dat ons nog ‘n lang pad saam gaan stap.  ‘n Kuier of vyf later het hy my gevra om sy meisie te wees op die derde Desember 2021.  Manie is my beste vriend, my sielsmensie. Na hy en my vriendin lekker gekonkel het, het hy my op 10 September 2022 by Babylonstoren gevra om te trou. Liewe Jesus het my geseën met ‘n goeie man, ons lag, grap en geniet die lewe saam! Deesdae wanneer ek mense ontmoet wie na liefde soek vra ek altyd: “Het jy al KOER probeer?”.

KOERKYS

MAROUISE & CW

 

MAROUISE

Ek het ‘n “droombord” vir myself geskep met alles op wat ek in 2022 in my lewe wou hê. Ook wat ek in my “man” sien – asof hy reeds in my lewe was – na ek ‘n boek hieroor gelees het. Maar ek moes steeds myself daar buite sit. Ek het eers ander maatsoek-apps probeer maar skrikkerig gevoel. Toe sien ek Janey&Wayne se TikTok video’s oor KOER en ek sluit aan. Ek het eers vir CW gekoes want ek het in sy foto’s gesien daar is gym, hoenderborsies en eierwit-omelette in sy lewe. (ha ha). Maar ‘n ruk later het hy my gekoer en ek dank my sterre daarvoor! Ons eerste date was so kreatief, dit was nie ‘n koffiewinkel en “cv’s uitruil” storie nie, dit was ‘n date om te gaan ysskaats! Maande later was ons verlief en toe verloof! CW is als wat ek op my droombord geskryf het, en op 27 Augustus 2022 het ek met my droomman getrou.

CW

Na ek vir Marouise raak gekoer het, het ek begin besef “die meisie is anders” en ek is mal daaroor. Die oomblik na ek haar opgetel het vir ons eerste afspraak – breek die ys met ‘n ysskaats sessie – het ek geweet sy is wonderlik! Sy is so uniek en haar eie mens, sy laat my lekker lag.  Ek is so dankbaar dat my ma my van Koer vertel het. Ek het ‘n subskripsie uitgeneem en die Koerwoud ontdek. Ek het Marouise vinnig raakgesien en met haar begin gesels.  Sy het my lewe op soveel maniere verander, my kom red! Vandag is Marouise my vrou! Als te dankie aan Koer!

KOERKYS

NANDI & JACQUES

 

NANDI

Ek was ‘n geruime tyd op KOER in die hope dat ek my trouman sou vind. Net toe ek op die punt is om finaal op te gee op die aanlyn liefde stories koer ek vir Jacques raak.  Aanvanklik het ek nie erg belangstel nie – gedink hy is nie my “tipe” nie.  Maar Jacques was so sjarmant en interessant en het my voete onder my uitgeslaan. Drie dae na ons begin gesels het, het ons mekaar vir koffie ontmoet. Tyd het gevlieg en ons was spyt toe die afspraak verby is. Ons was gou smoorverlief. Wat eers ‘n langafstand verhouding was (Centurion & Krugersdorp) is nou ‘n verlowing! Dankie KOER!

JACQUES

Ek het ook eintlik gevoel dat ek my trouvrou wil ontmoet.  ‘n Vriend het my omgepraat om KOER te probeer.  Toe ek vir Nandi raak koer het sy eers “hard-to-get” gespeel en al my vrae ontduik. Ek sou my nie laat afskrik nie, ek wou so graag meer van haar weet en haar leer ken. Aanhouers wen! Gou het een afspraak vele geraak en hoe beter ek haar leer ken het hoe maller was ek oor Nandi. Ons het elke naweek saam begin spandeer. Op 23 November 2022 het ek ‘n ring aan haar vinger gesteek en teen Junie vanjaar sal ons man en vrou wees.