KOER is die eerste Afrikaanse toepassing (toep) wat jou die geleentheid gun om uit ‘n groter poel
potensiële pasmaats te kies en te keur.
KOER is ‘n platform waar jy in beheer is - ‘n veilige plek om nuwe hartsvriende en hartediewe,
penmaats en pasmaats, kennisse en kamerade te ontmoet.
‘n Toep waar jy op jóú terme en in jóú hartstaal kan gesels.
KOER - jou hart, jou taal, jou kans!
Per e-pos, Facebook of Apple ID.
Volg ‘n paar eenvoudige stappe om jou profiel te skep. Beskryf jou persoonlikheid en vertel ons ’n bietjie meer oor jouself en laai jou beste fotos op vanaf jou foon.
Gun ons die geleentheid om jou perfekte pasmaats te identifiseer.
Kies en keur uit ‘n verskeidenheid potensiële maats se profiele. Foto’s en beskrywings vertel meer oor moontlike pasmaats op die toepassing.
Die aksies is eenvoudig. KOER jou gunstelinge en KOES vir die res. KOES gerus om na die volgende profiel aan te beweeg. Let daarop dat alle KOES-aksies ANONIEM sal bly.
Stuur ‘n kort briefie elke keer as jy KOER druk om die persoon se belangstelling te prikkel. Die briefie lê in jou “Koer-keuse” se Posbus. Wag-en-kyk of hulle belangstel en dalk terug wil KOER...
Sleep vlerk in 2020! Laai die KOER toep gratis af en wie weet, dalk ontdek jy vandag jóú dam se ganse en kanse!
Indien jy vashaak of wonder oor hoe Koer werk help ons graag. As jou vraag nie hier gelys is nie kontak ons gerus by info@koer.co.za
ALGEMEEN - vrae wat nie betrekking het tot n spesifieke deel van die toep nie.
MY PROFIEL - waar jy jou verstellings doen.
KOERLISENSIE - vrae met betrekking tot lidmaatskap en betalings.
DIE KOERWOUD - waar jy deur al die profiele blaai.
POSBUS - waar jou briefies gaan lê wanneer iemand jou geKOER het.
KLETSKAMER - waar jou gesprekke gebeur.
Om by KOER aan te sluit moet ons jou e-posadres verifieer met 'n One Time Password (OTP).
1. Soms land die KOER e-pos met die OTP in jou "Junk/Trash/Bin/Spam Folder". Gaan loer eerste daar.
2. Maak dubbel-seker dat die e-posadres wat jy verskaf het 100% reg is (spelling & nommers
nagegaan).
Gaan kyk onder jou foon se toepwinkel of verstellings of jy na die mees onlangse weergawe van KOER opgegradeer is. Indien nie, doen die opgradering. Indien jy steeds nie regkom nie, kontak ons gerus by info@koer.co.za.
Jy ontvang briefies wanneer iemand jou KOER of indien jy 'n KOER gestuur het en die persoon TERUG GEKOER
het. Ons kan ongelukkig niemand dwing om iemand anders te KOER nie, maar ons kan jou help om jou kanse
op KOERE te verbeter.
1. Maak seker dat ander jou gesig op jou hoof-foto kan sien.
2. Voeg dalk nog foto's by sodat mense jou persoonlikheid kan sien straal.
3. Probeer om jou persoonlike beskrywing (biografie) interessant te maak.
4. Kyk verder af op die blad onder: Hoe verander ek my profiel op KOER? vir stappe.
Kletse in die KLETSKAMER met ander kan eers oopsluit sodra die persoon aan wie die KOER gestuur is, TERUG GEKOER het. Dit is vir veiligheid en so vermy ons ongemak vir almal.
Dalk is die instellings wat jy gekies het te spesifiek. Kyk verder af op die blad onder PROFIEL hoe om jou Afstand & Voorkeure te verander. Sprei jou vlerke! Daar is daagliks meer mense op KOER en so groei ons die KOERWOUD almal saam.
Ongelukkig nie, KOER en KOES is finaal en anoniem. Die goeie nuus is, ons algoritme sal oor 'n paar weke stelselmatig weer van jou geKOESde profiele vir jou herwin. Almal verdien tog 'n tweede kans!
Links (die rat) vat jou na jou instellings (hier kan jy jou verstellings gaan doen)
Middel (kamera) vat jou na jou foto's waar jy kan op en aflaai na hartelus.
Regs (pennetjie) is 'n kortpad na jou biografie & waar jy jou profiel verander.
Om foto's te kan laai moet jy eerstens vir KOER toegang tot jou selfoon se foto's gee.
Volg hierdie stappe vir Android:
1. Gaan na die "settings" app.
2. Kies: "Apps & Notifications"
3. Klik op die KOER app onder die keuses
4. Druk "permissions"
5. Kies watter "permissions" (toelatings) jy vir KOER gee. (foto's)
Volg hierdie stappe vir iPhone:
1. Gaan na "Settings"
2. Beweeg af tot jy by die KOER app kom
3. Klik op KOER
4. Onder "allow KOER to access" kies watter toelatings jy gee. (foto's)
Om te bepaal hoe ver van jou af mense (in afstand) na wie jy soek kan/moet wees om jou soektog te verfyn
moet jy vir KOER toegang gee tot jou ligging.
Volg hierdie stappe vir Android:
1. Gaan na die "settings" app.
2. Kies: "Apps & Notifications"
3. Klik op die KOER app onder die keuses
4. Druk "permissions"
5. Kies watter "permissions" (toelatings) jy vir KOER gee. (ligging)
Volg hierdie stappe vir iPhone:
1. Gaan na "Settings"
2. Beweeg af tot jy by die KOER app kom
3. Klik op KOER
4. Onder "allow KOER to access" kies watter toelatings jy gee. (ligging)
Jy kan jou Koerwoud verbreed deur na die instellings opsie te gaan en jou afstand te stel. (maw hoe ver en wyd die radius is waarin jy mense wil sien). Indien jy jou afstand verstel na 1000km + maak jy jou Koerwoud wêreldwyd oop.
As jy die WYS MY OP KOER opsie afskakel is jou profiel tydelik versteek van die Koerwoud. Sodra jy hom weer aansit verskyn jou profiel weer in die Koerwoud.
Daar is 'n DEEL KOER opsie onder jou profiel. Druk hierop en volg jou foon se stappe. Jy kan KOER op verskeie maniere deel. So sal 'n vooropgestelde boodskap na jou vriende gaan en hulle nooi om by KOER aan te sluit.
Hier kan jy besluit of jy die WENKE wil sien om jou KOER-ondervinding te vergemaklik. Jy kan die wenke aan- of afsit. Jy kan ook op WYS WENKE NOU klik om weer deur die wenke te gaan as jy bang is dat jy iets gemis het.
As jy die instellings bladsy oopmaak is die heel laaste opsie VERWYDER PROFIEL. Let asseblief dat indien jy 'n KOERLISENSIE het, jou subskripsie nie sal stop as jy jou profiel verwyder nie. Jy kan enige tyd 'n nuwe profiel maak en jou KOERLISENSIE voordele geniet. Indien jy jou KOERLISENSIE wil kanselleer sien die Hoe kanselleer ek my KOERLISENSIE instruksies.
Druk op die profiel opsie (pennetjie) en gaan na die heel laaste opsie VERANDER PROFIEL. Dit sal jou weer deur die opsies neem en kan jy verander soos jou hart begeer.
Druk op die profiel opsie (pennetjie) en gaan na die blokkie waar jou beskrywing is. Hierdie is 'n kortpad om jou beskrywing vinng en maklik aan te pas.
As jy op die MY PROFIEL blad op jou hoof-foto klik vat hy jou na jou eie profiel (soos ander dit sien).
'n KOERLISENSIE is jou lidmaatskap. Indien jy aansluit vir slegs R69 per maand (of een van die goedkoper
3/6-maand pakkette) kan jy onbeperk KOER.
- Jy kry onbeperkte aksies in die Koerwoud.
- Jy kan onbeperk briefies oopmaak in die Posbus.
- Jy beheer advertensies en onderbrekings.
- Jy kan sien wie anders KOERLISENSIE houers is, sodoende weet jy wie ernstig Koer.
Die KOERWOUD wys vir jou lede wat voldoen aan jou vereistes (afstand, ouderdom ens). Jy het nie 'n subskripsie nodig om lede te sien nie. Die subskripsie sal jou slegs toelaat om met meer as 20 lede op 'n dag te Koer/Koes. As ons nie daagliks 20 lede het wat aan jou vereistes voldoen nie sal 'n lisensie nie verskil maak nie.
Wanneer jy jou gratis aksies vir die dag opgebruik het sal jy die opsie sien om 'n KOERLISENSIE uit te neem. Jy kan ook druk op die 'Kry jou Koerlisensie' skakel op jou profiel blad.
Daar is verskillende pakkette wat wissel in periodes en prys. 'n Koerlisensie is 'n subskripsie en sal hernu totdat jy dit kanselleer.
Betalings word hanteer deur Google (Android) en Apple (iPhone) deur middel van 'In-app purchases'.
KOER het geen toegang tot jou betaal metodes, kaart, of bankbesonderhede nie. Daar is geen vaste termyne nie en jy kan enige tyd jou subskripsie stop.
Alle betalings word hanteer deur Apple of Google afhangende van jou tipe toestel. Hulle maak gebruik van verskeie betaal metodes insluitend Vodacom, Telkom en koopbewyse. KOER kan ongelukkig nie direkte oordragte (EFTs) aanvaar nie.
Jy sal onder op jou profiel blad 'n boodskap sien wat lees 'KOERLISENSIE Aktief'. Jy kan ook na jou toepwinkel (App Store of Google Play) gaan om te sien watter subskripsies aktief is en wanneer hulle hernu.
Volg die skakels hieronder vir meer inligting.
Apple (iPhone)
Google (Android)
Jy kan enige tyd jou KOERLISENSIE kanselleer en steeds die voordele gebruik vir die tydperk waarvoor jy betaal het.
Let asseblief dat indien jy die KOER toep van jou toestel verwyder, of selfs jou profiel verwyder, jou subskripsie nogsteeds aktief sal bly. Om jou subskripsie te kanselleer gaan na jou profiel blad,
druk op die instellings (die rat-ikoon) en kies dan die 'MY KOERLISENSIE' opsie. Dit sal jou neem na jou toepwinkel waar jy jou subskripsie kan sien, verander, asook kanselleer.
Indien jy nie die KOER toep meer het nie volg die skakels vir instruksies.
Apple (iPhone)
Google (Android)
Indien jy perongeluk opgeteken het of ontevrede is met die diens kan jy aansoek doen vir 'n terugbetaling. Volg die instruksies vir meer inligting.
Apple (iPhone)
Google (Android)
Gratis lede kry 20 aksies per dag. (Koerlisensiehouers het onbeperkte aksies). 'n KOER, KOES of BRIEFIE OOPMAAK tel as 'n aksie. Klets is NIE 'n AKSIE NIE. As jy en 'n pasmaat geKOER het kan julle onbeperk klets in die Kletskamer.
'n KOER is 'n JA. Wanneer jy n die KOERWOUD op iemand se profiel afkom en jy stel belang om met daardie persoon te gesels. Druk KOER.
'n KOES is 'n HOU VERBY. Wanneer jy in die KOERWOUD op iemand se profiel afkom en nie belangstel nie, druk KOES. As jy 'n briefie in jou posbus ontvang en nie in die persoon belangstel nie, druk KOES. ALLE KOES AKSIES IS ANONIEM.
As jy iemand in die KOERWOUD raakblaai en KOER druk. Pop daar 'n skerm op wat vir jou die kans bied om daardie persoon se belangstelling te prikkel met 'n sin of twee. As jy dan STUUR druk gaan lê daardie briefie in die persoon se posbus. Wanneer die persoon die briefie oopmaak en lees kan hy KOER of KOES.
Wanneer jy op iemand se profiel afkom in die Koerwoud kan jy eenvoudig af-blaai na onder om meer van die persoon te lees. Indien 'n profiel meer as een foto het kan jy eenvoudig links en regs veeg op sy/haar hoof-foto.
Jy is deur jou KOERWOUD profiel opsies (volgens jou keuses en instellings) vir die oomblik. Vertel jou afstand/voorkeure om jou KOERWOUD opsies te vergroot of kom later terug om te sien wie nog intussen aangesluit het.
Om verleentheid te spaar verval briefies binne 48 uur. Pienk briefies is nuut en Blou briefies gaan amper verval.
Wanneer jy op 'n briefie klik, maak hy oop en sien jy die boodskap wat die persoon (wie jou geKOER het) vir jou gestuur het. Jy kan ook op die persoon se foto druk om die persoon se hele profiel te sien. Indien die persoon jou gekoer het en geen boodskap gelos het nie sal daar net 'n handjie wat wuif wees.
As jy 'n briefie oopgemaak en gelees het en belangstel in die persoon kan jy KOER druk. Jul gesprek sal dan na die KLETSKAMER oorskuif en julle kan na hartelus verder gesels.
As jy nie belangstel in die persoon nie kan jy slegs KOES druk. Alle koes aksies is anoniem.
As iemand vir jou 'n KOER stuur en nie 'n boodskap saamgestuur het nie, verskyn daar 'n handjie wat vir jou wuif.
Vir jou eie veiligheid het KOER die foto-stuur opsie gelos
Raak kreatief en sê wat jy meen sonder woorde. Deur die GIFs te gebruik kan jy vir iemand lekker bewegende fotos en scenarios stuur.
Maak die klets van die persoon wie jy wil blok oop. Regs bo in die hoek, klik op die hartjie en besluit of jy wil rapporteer of blok. Gerappoteerde profiele word deur die Koerspan ondersoek. LET WEL: As jy "blok" kies sal jy en die persoon mekaar nooit weer kan kontak nie.