KOER is die Afrikaanse maatsoek-app wat jou die kans gun om jou net wyer te gooi. Kies en keur uit ‘n wêreldwye poel potensiële pasmaats. KOER is ‘n platform waar jy in beheer is, ‘n veilige plek om hartsvriende en hartediewe, penmaats en pasmaats, kennisse en kamerade te ontmoet.
LAAI DIE KOER-APP GRATIS AF
Regte mense.
Egte liefde.
Ware stories.
KOERKYS
Ek het besluit om eenvoudig 'n kans te vat en druk toe Koer... Ons trou volgende September.
Beide van ons het in daardie tyd gedink dat ons eintlik al handoek ingegooi wanneer dit by die liefde kom.... Fast forward ‘n paar jaar later en ons is getroud. Liefde het gewen.
Dit het alles met 'n eenvoudige boodskap begin. Daar was onmiddelik 'n onsigbare band - wat met elke gesprek net dieper geraak het... ek kan vandag vir Alisha my verloofde noem! Dankie KOER, ons harte is vol!
’n Mens voel soms of jy op moedverlore vlakte sit, maar liefde kom wanneer jy dit die minste verwag... Baie dankie, KOER. As dit nie vir julle was nie, sou ek nooit my trouman ontmoet het nie.
Beide van ons was senuweeagtig maar die oomblik toe ek vir Jaco sien het die angs weggesmelt. Voor hy nog ‘n woord kon uiter het my hart vir my gesê “hierdie is my man”.
Ons het so lekker gekliek dat ons later tot diep in die oggendure in gesels het... Die liefde het net natuurlik begin blom en alles het net die regte weg gegaan.
Laai die KOER-app gratis af op Apple App Store, Google Play of Huawei AppGallery.
02
Skep 'n profiel
Volg die eenvoudige stappe - beskryf jouself, jou belangstellings en stokperdjies.
03
Ontdek die 'KOERWOUD'
Kies en keur uit die hordes profiele op die app.
Vat 'n Afri-Kans
Kliek in jou hartstaal
KOER is gebou om in Afrikaans te kan date! Vind mense van reg oor die wêreld wie weet van bakkie-ry en bobotie, wie jy aan jou Pa kan voorstel en wie se Ma ‘n resep het die perfekte pampoenkoekie.
Of jy op soek is na vlinders, flankeer of net ‘n bietjie weer daardie hartspier wil flêks. KOER is hier vir jou en ons het die trou-verhale om dit te bewys!
KOER bied jou die ruimte om jouself te wees, jou stokperdjies en belangstellings te deel en mense te leer ken wie met dieselfde passies as jy deur die lewe dans.
Jou gemoedsrus is ons prioriteit! By KOER is ons lede se gemak en vertroue die fundament van ons Koerwoud-ervaring. Ons het die app so ontwerp dat jy volkome beheer het oor wie jy in jou hart en inbus toelaat.
Anonieme KOES — niemand weet ooit as jy nie belangstel nie
Klets eers as albei wil — geen eensydige boodskappe nie
Beheer wie jou sien — skakel jou profiel aan of af wanneer jy wil
Rapporteer & blok — lastige profiele word deur ons span ondersoek
KOER gebruik jou gekose instellings, voorkeure en ligging om vir jou die mees geskikte profiele te wys. Vat ‘n kans! Hoe wyer jy jou net gooi, hoe meer visse in jou see. Wie weet, jou volgende date is dalk net om die draai!
Só werk KOER
Sprei jou vlerksleep
Jou perfekte pasmaat is net ‘n KOER-knoppie weg!
Ouderdom
Ouderdom is dalk net ‘n nommer, maar voorkeure tel. Kies die ouderdomme waarbinne jy wil KOER en ons wys vir jou slegs die profiele wat in jou keuse pas.
Geslag & voorkeure
Kies wie jy wil ontmoet. Jou terme, jou hart, jou keuses!
Waarna jy soek
Van kalwerliefde tot hals-oor-kop daar is geen perke op wat jy in die Koerwoud kan vind nie.
Belangstellings
Van braaibaas tot spiertier, dromer tot jintelman – kies die eienskappe wat jou die beste beskryf en ontdek die kleurvolle karakters daar buite.
Passies
Kies, keur en flankeer deur al die kreatiewe profiele in die Koerwoud. Ontdek wie se passies pas by joune in die regte lewe.
Afstand
Vind liefde in jou buurt, jou provinsie of selfs ver oor die see. Dalk boer hy in die VSA of au pair sy in Amsterdam. Rugbyspeler in Frankryk of argitek in Dubai? Stel jou hart se radius so wyd as wat jy wil soek.
Koer in die kollig
Volg ons op sosiale media om te sien wat ons alles aanvang in die naam van liefde!